Maandag 24 Augustus 2015

Hallo Houtkappers !

Ek wag en wag. Nie soos in sit en niksdoen nie, maar net geduldig wag. Elke dag. In my gedagtes wag ek. Ek hoor hom iewers bokant my kop. Sy kenmerkende roep is musiek in my ore. Maar ek sien hom net nooit. Die hele winter gaan verby. Sy naamgenoot met die rooikop nl. rooikophoutkapper, kom kuier gereeld, byna elke dag. Ek kom agter dat lg. baie lief is vir vrugte en hy "steel" ook graag die janfrederik se meelwurms.

 Tog gee hy soveel kleur aan die vaal wintertuin.
 
 
My geduld word beloon. Uiteindelik! Op die heiningpaaltjies, toe die helder sonstrale op hul skerpste op Moederaarde skyn, kom sit my lankverwagte geveerde vriend vir 'n paar sekondes. Is hy nie pragtig nie?
 
 
Die Kuifkophoutkapper (Trachyphonus vaillantii) is 'n voël wat aan die familie van Afrika-houtkappers (Lybiidae) behoort. Hulle kom in oop savannes in Afrika suid van die Sahara voor. In Engels staan die spesie as die Crested Barbet bekend. Die spesie kan maklik aan hul dik snawel en kleurvolle vere uitgeken word. Hierdie klein voëltjie het 'n geel en rooi gesig met 'n klein swart kuifie. Die pens is geel met rooi spikkels, die vlerke is swart met wit spikkels en dit het 'n breë swart band op die nek. (Wikipedia)

2 opmerkings:

  1. Ek is ook vreeslik lief vir die Kuifkophoutkapper se getril Liz, kan vir ure na hom luister en wonder baie maal wanneer gaan hy asemhaal!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Mooiste agtergrondmusiek ooit! Dankie vir die inloer Maree!

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...