Saterdag 12 September 2015

Mossies

'n Mossie is een van die geveerdes waaroor niemand juis baie opgewonde raak nie. En tog. Gister sit ons heerlik buite en ontspan nà 'n besige dag. 'n Jong wyfie mossie kom sit op die bruggie naby ons en tjirp-tjirp vrolik. Net 'n bondeltjie vere. Ek neem foto's, een na die ander. Sy geniet die fotosessie, pure voëltjievrou! 


'n Sappige wurm in die snawel. "Kyk wat het ek!" tjirp sy.
Mossies is klein voëltjies met vaal en bruin vere. Die wyfie lê vier tot ses eiers wat ongeveer twee weke neem om uit te broei. 
In die Bybel lees ons in Mattheus 10:29 Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder die wil van julle Vader nie. 
'n Troosryke boodskap. 
'n Pragtige voëltjie. 

3 opmerkings:

  1. Ai, die pragtige, ongewaardeerde mossies! Hulle is net so karaktervol as enige van die ander mooier-gekleurde voëltjies in ons tuine, ek hou elke dag hulle manawels dop hier in my tuin. (Manawels?! Is daar so 'n woord...?)

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ha ha! Het besef dis "manewales"!

      Vee uit
    2. Manewales is dit beslis!! Dankie Maree! Mossiemanewales. (nuwe woord!) x

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...