Vrydag 24 Maart 2017

Klein vreugdes

"Die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin...." het N.P. van Wyk Louw jare terug digterlik neergepen. En noudat dit koeler raak en winter saggies naderkruip, word die wilde voëls se besoeke aan my tuin ook meer, want kos in die veld raak skaars.
Die grootste vreugde is natuurlik om my gunsteling geveerde te aanskou. Janfrederik!

 Wanneer hy op die voerplankie neerdaal en die wêreld met blink ogies bekyk, sy sappige meelwurms een vir een oppik en konsertveer weer wegvlieg, word my dag sommer onmiddellik beter en mooier!

2 opmerkings:

  1. Pragtige dinetjie! Bly jy is lief vir hom Oiz! Ek wonder of daar Cape Robin-chats in KwaZulu Natal is...?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek is OORTUIG daarvan daar gaan enetjie vir jou wag! Dankie vir die inloer Maree!

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...